Een ding wat ons nou al agtergekom het met die Knuppeldik resepte is dat hulle skrywers was lief om Aromat in die spulletjie te gooi. Ek kan my net indink dat dit my tipe mense is, wat die boek geskryf het en aangesien die boek se eerste druk in 1985 was, neem ek aan hulle is nog van die ou tradisionele soort wat goed kan weglê in kos in. Nie soos deesdae waar ons almal permanent op dieet is nie. Deesdae word elke lekker ding mos eers in die Huisgenoot gekaap (langs een of ander Leeu man trou Slang vrou tipe bisarre storie, of Joost sê dit was nie hy nie) en een of ander kanker vormende kwaliteit gegee wat mense dan die produk laat los soos ’n stuk snot wat jy van jou vinger wil afkry. Nie dat ek in my neus krap nie...ek sê maar net.
In my Sielkunde studies kom dit immers meer en meer voor hoe mense nodig het om te voel dat hulle iewers in die samelewing hoort. Ons almal het ’n behoefte om iewers by ’n sub kultuur in te pas, so ek dink dat ek sal baie goed inpas by die Aromat brigade van 1985. Ja, ek weet dis ongesond en het alle chemikalie in wat seker al jou hare sal laat mince, maar ek is mal oor Aromat en sou dit wragtig op roomys ook eet as ek kon. So basta met die kyke en neus optrekkery oor daai geel soutjies. Nuwe studies sê in elk geval nou dat eiers veroorsaak blykbaar nie cholesterol nie, so as julle net ’n paar jaar kan vasbyt sal Aromat weer gesond gebrandmerk word vorentoe...ek eet dit solank voort in geloof.
Ek en De Wyk is aan’t gesond eet en leef. Vergeet nou eers van die Aromat en verbeel jou dit was ’n droom waar jy dit in gelees het. Ons het besluit dat ons wil Koolhidrate uit ons dieet uitsny aangesien ons so las het van die kilojoules hier in Palm Court 5. Ek weet nie hoe dit gebeur nie maar ek weet net dit is die klein bliksempies wat in die nag kom en ons klere kom kleiner maak, so ek en Andries Pretorius die 27e het oorlog verklaar teen die kilojoules. Ons beveg nou die kilojoules wat klaarblyklik in koolhidrate is, met slaaie, vetvrye suiwel, tuna, baie proteïene en ek vind die beste teenvoeter is natuurlik steeds so paar bottels Cabernet of Merlot voor, tydens en na ete. Geen mens kan daai depressie van maer word kos oorleef as jy nie ondersteuning van die wyn bottel ook het nie. En dit sê ek nou nie asof ek ‘n drank of eet probleem het nie. Ek sê maar net. Vestaan djy!
Dis toe dat ons besluit om eers die gesond etery halt te roep na 4 ure se aanhou en kies toe die Spaghetti Bolognaise op pg 105 in Knuppeldik aan Koningskos. Soos my ma ook sal sê dat te veel van ’n goeie ding is ook nie goed nie. Ons voel toe dat ons liggame is absoluut verwese en uitgehonger vir bietjie koolhidrate en kies dus toe die pasta besigheid, maar glo my ons moes toe net double check dat ons nie in ’n depressie verval nie en maak toe seker dat ons so paar flessies wyn ook byderhand het. Vir die medisinale redes natuurlik.
Daar was nie enige verrassings met die kokery nie behalwe dat ek en De Wyk staan en huil het van die uie skil soos twee bergies wat se papsak gekonfiskeer is. Nie dat dit ons al ooit oorgekom het nie...ons weet waar om die papsak weg te steek.
Die resep is maklik, baie vullend en kan gou geëet word. Ons albei stel wel voor dat jy dit bietjie op tert met masala of souse of sterker speserye. Dis baie gepas vir iemand met ’n bloeiende maagseer wat nie iets sterks kan eet nie, maar ’n bolognaise is mos maar ’n wenner as dit ’n souserige spulletjie is. So gebruik jou eie oordeel en natuurlik geld die reël altyd...to each his own! Volg jou hart...of in die geval...jou maag.
SPAGHETTI BOLOGNAISE
BESTANDELE
50 mℓ kookolie (4 e)
2 groot uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
750g gemaalde beesvleis
4 middelslag tamaties, geskil en gekap (al sê die resep dit moet geskil wees...het ons dit nie gedoen nie en voel dis net onnodig om dit te skil)
1 blikkie tamatie pasta (115 g)
10 mℓ suiker (2 t )
7 mℓ sout (1 ½ t )
1 mℓ rissie sous of ’n knypie rooipeper
1 pak spaghetti (500g)
150 g gerasperde kaas (375 mℓ) (1 ½ t)
25 mℓ fyn gekapte pietersielie (2e)
5 mℓ Aromat (1t)
METODE:
Verhit kookolie in ’n swaarboom kastrol en braai uie en knoffel daarin totdat die uie sag is. Voeg maalvleis by, roer met ’n vurk los en braai totdat dit nie meer pienk is nie. Voeg tamaties, tamatiepasta, suiker, sout en rissiesous by, sit die deksel op en stowe ’n halfuur oor lae hitte. Kook intussen die spaghetti in soutwater tot sag volgens die aanwysings op die pak, dreineer en hou warm. Roer helfte van die kaas by die maalvleismengsel net voor opdiening. Meng met die spaghetti, skep in ’n warm opdienskottel en strooi die res van die kaas en die pietersielie bo-oor. Sit warm voor.
Tuesday, September 14, 2010
Tuesday, September 7, 2010
Depressie speel saam! - deur Johan Obbes
Die resessie by Palm Court 5 wil nog net nie skiet gee nie en so bly ek en De Wyk sterk staan deur ons toilet papier te recycle, koolhidrate te eet (O’ Darling that is so not Cape Town) en onderbroeke te maak uit meelsakke uit. Syne sê Too fresh to flop op die voorkant en myne staan geskryf Self raising – O' Hou vas! Die kerk tannies gaan weer praat oor daai een...nie die self raising deel nie maar oor die koolhidrate een...My kind jy kla nie oor kos nie, julle is veels te bederf.
Die hele buurt het later vir Depressie geken. So sit ek eendag in my kamer (veronderstel om te leer) en luister hoe my 6 jarige sussie en haar maatjie beurte maak deur rondom die huis te ry met ’n fiets wat se stut wieletjies so pas afgehaal is...so die twee was vlytig met die speletjie. Maar my sussie se maatjie was regtig so klein en tingerig dat sy gewoonlik twee PEP Stores sweet pakke in die Desember hitte moes aantrek dat jy haar net moes raak sien deur al wat ’n mirage is op die teerpad. Maar wat sy kort gekom het in fisiese grote...het sy opgemaak met haar skerp mond. So hoor ek toe die klanke, hoe die fiets eers om die draai kom en dan sidderende geluid van Depressie se kloutjies oor die sement soos wat hy hulle jaag in sy poging om by te hou. Maar die volgende oomblik hoor ek net ‘n geblêr soos ’n Standard 7 seun se stem wat breek, en toe iets wat klink soos ’n skaap en ’n fiets en ’n PEP Stores sweetpak wat mekaar tref...maar al wat uitkom is Ag, f$#)*f jou k#$k bok en daar deur die venster sien ek vir Depressie triomfantlik bo-op die fiets staan, met die maatjie wat onder die fiets lê en die skaap ram probeer af druk van haar af. Depressie het ongelukkig nie die taal verstaan nie en wou net verder saam speel.
EKONOMIESE HOENDERGEREG
1 hoender geurig gaargemaak, ontbeen en gesnipper
1t sout
1 pakkie spek gesnipper (250g)
1k rou rys
3 middelmatige uie, gerasper
2k hoenderaftreksel (sous waarin hoender gaargemaak is)
125g margarien of botter
METODE:
Kook die rys net op en dreineer. Braai die gesnipperde spek, uie en rys in die margarien tot ligbruin. Meng dit met die gesnipperde hoender en skep dit in ‘’n skottel. Gooi die hoenderaftreksel nou oor en geur die gereg verder met Aromat (1 desert lepel). Sit skottel se deksel op en bak in oond totdat al die vloeistof geabsorbeer is.
Aangesien ons toe die stert van die resessie hierso nog beveg soos die Groot Depressie, dog ons om die Ekonomiese Hoendergereg op pg 155 in Knuppeldik aan Koningskos te maak. In stilte staan ons twee toe en kook en voel selfs later of ons nie net ’n grappie moet maak, of ’n Bo Jangles dansie in die kombuis moet gooi om net ’n bietjie vreugde in die huis te kry nie. So amper asof ons weg kruip vir die balju of wil luister na die bure se bakleiery... wat gewoonlik selfs meer amusant is as die mense wat inbel op RSG. O, RSG, RSG...Hou my terug! As jy die dag in ’n grou bui is, moet jy net RSG luister sodat jy kan lag. RSG laat ons twee gewoonlik rol van die lag soos twee Chipmunks, maar selfs die in beller (wat half bewoë is omdat sy uiteindelik op die lyn deur gekom het) ene 84 jarige Bettie van Bapsfontein se klagte aan Amoré oor die woord gatvol wat haar nog haar lewe lank pla kon ons nie eers vandag laat lag nie. Soms wonder ek regtig of ons almal op die dieselfde planeet woon as ek so luister na die mense wat op RSG inbel...maar ons kan hulle ook maar net liefhê en aanvaar.
So tussen die depressie en uie trane deur, onthou ek toe ’n regte Depressie wat eers in my lewe was. My hans skaap lam! My pa het skape gehad toe ons nog in die Noord-Kaap gewoon het en soms het die ooie hulle lammers weggegooi na geboorte, wat die boere dan maar as hans lammers met bottels groot gemaak het. So kry ons toe eendag ’n twee dae oue lammetjie wat naby aan die dood was omdat sy ma hom weg gegooi het. Die dingetjie was gedehidreer het geblêr of dit sy laaste asem was en het sulke geel diarree gehad wat ek heeltyd van die stoep moes afwas. Dus doop ek toe die hanslam Depressie! Bees melk was te sterk vir Depressie se maag en ons maak hom toe groot op rooibostee en custard en dit was nie lank nie of Depressie is ’n groot, rammetjie-uitnek Dorper ram maar met een hengse identiteits krisis. Hy het vas geglo dat hy is ’n mens. Ja, daar is ’n dun streep tussen denial en faith...ek dink Lambchops was meer in die denial gewees as iets anders.
Depressie wou die heeltyd saam weg kruipertjie speel, in die huis rondloop (met sy skaap drolle wat natuurlik soos Hansie en Grietjie se krummeltjies in die gang af lê) en het klaarblyklik glad nie besef dat as die kinders stoei en speel, hy hulle veels te seer gaan maak as ’n volgroeide Dorper skaap ram nie. Gereeld moes ek hoor, JOHAAAAAAN haal vir Depressie uit my rose uit! of ’n oproep van die kafee-eienaar onder in die straat, Johan, Depressie is hier binne die winkel, jy moet hom kom haal want hy bek@# my winkel stoep.
Die hele buurt het later vir Depressie geken. So sit ek eendag in my kamer (veronderstel om te leer) en luister hoe my 6 jarige sussie en haar maatjie beurte maak deur rondom die huis te ry met ’n fiets wat se stut wieletjies so pas afgehaal is...so die twee was vlytig met die speletjie. Maar my sussie se maatjie was regtig so klein en tingerig dat sy gewoonlik twee PEP Stores sweet pakke in die Desember hitte moes aantrek dat jy haar net moes raak sien deur al wat ’n mirage is op die teerpad. Maar wat sy kort gekom het in fisiese grote...het sy opgemaak met haar skerp mond. So hoor ek toe die klanke, hoe die fiets eers om die draai kom en dan sidderende geluid van Depressie se kloutjies oor die sement soos wat hy hulle jaag in sy poging om by te hou. Maar die volgende oomblik hoor ek net ‘n geblêr soos ’n Standard 7 seun se stem wat breek, en toe iets wat klink soos ’n skaap en ’n fiets en ’n PEP Stores sweetpak wat mekaar tref...maar al wat uitkom is Ag, f$#)*f jou k#$k bok en daar deur die venster sien ek vir Depressie triomfantlik bo-op die fiets staan, met die maatjie wat onder die fiets lê en die skaap ram probeer af druk van haar af. Depressie het ongelukkig nie die taal verstaan nie en wou net verder saam speel.
So dit laat dink my toe aan ons huidige resessie kwessie, wat ek regtig ook net soms voor wil sê Ag, f@O)$f jou k#k bok! Maar ek twyfel of dit my sal verstaan. Tog is daar genoeg plesier en lag in die lewe om selfs die resessie en balju tye snaaks te maak...en natuurlik het die ekonomiese hoender gereg wragtag nou ons harte bly gemaak hier in Palm Court 5. Die ding is dat die spulletjie se bestanddele basies alles saam gegooi word in ’n pot en twee koppies aftreksel by kry, wat die rys in die besigheid natuurlik heeltyd laat uitswel. So dit was amper soos ’n lucky packet vir ons twee. Elke keer as ons weer by die vuurvaste oondskottel kom om nog kos te skep is die bak weer vol! Die gereg was lekker maar het definitief nog speserye nodig en my hand het natuurlik onwillekeurig na die masala gegryp ...en sommer na ’n heelwat ander speserye ook. So gebruik maar jou eie oordeel as dit by die speserye kom. Die lewe is te kort vir Ekonomiese kos sonder ’n masalatjie.
EKONOMIESE HOENDERGEREG
1 hoender geurig gaargemaak, ontbeen en gesnipper
1t sout
1 pakkie spek gesnipper (250g)
1k rou rys
3 middelmatige uie, gerasper
2k hoenderaftreksel (sous waarin hoender gaargemaak is)
125g margarien of botter
METODE:
Kook die rys net op en dreineer. Braai die gesnipperde spek, uie en rys in die margarien tot ligbruin. Meng dit met die gesnipperde hoender en skep dit in ‘’n skottel. Gooi die hoenderaftreksel nou oor en geur die gereg verder met Aromat (1 desert lepel). Sit skottel se deksel op en bak in oond totdat al die vloeistof geabsorbeer is.
Tuesday, August 31, 2010
Gaylic, souse en 'n Kaapse koue! - deur Johan Obbes
Laas week het ek heelwat emails van julle gekry waar baie natuurlik (tong-in-die-kies) simpatiseer met my poging om my hare te red dat dit nie mince nie... wat natuurlik deur ’n elektriese skok aan mens gedoen kan word. (Vir die wat nie geweet het nie!) Tog was daar so paar van julle wat nie die kloutjie by die oor kon sit in wat die woord mince beteken het nie of wat dit doen in ’n konsep waar daar dan nou van hare gepraat word nie. Dus wil ek nou hierdie week my stuiwer in die arm beurs gooi vir die Kaapse kultuur en die oningeligtes gou bietjie leer waar die woord vandaan kom en ook meer oor die eienaardige Gaylic dialek waarin daar gereeld van mince gepraat word.
Kaapstad is seker die enigste plek in die land waar ons voorwaar ’n uiteenlopende hoeveelheid Afrikaanse dialekte het. Die verskeidenheid dialekte wissel sterk en hang af van in watter geografiese deel jy jouself bevind. Eerstens kry jy die middestad (waar moi woon in die Tuine, Vredehoek, Tamboerskloof, See Punt) die noordelike voorstede daar agter die boerewors gordyn (Durbanville, Bellville, Tygervallei area) die Kaapse Vlaktes (Bonteheuwel, Hannover Park, Mitchells Plain) die Suidelike Voorstede (Wynberg, Rondebosch, Nuweland) en dan natuurlik ...die Kaapse strate waar ‘n dialek ontstaan het wat ’n mengsel is van al die dialekte in die stad. Maar Gaylic is ’n dialek wat ontstaan het uit die vermenging van ’n uitspraak uit die Kaapse Vlakte en die gay gemeenskap in Kaapstad se lingo. Woorde soos mince word gebruik in sinne wat gewoonlik sal klink soos – "Dit reën vandag en dus gaan my hare frizz/kroes in die weer" – In 'n Kaapse Vlaktes dialek sou dieselfde sin uitgespreek word as “Nai man, my hare gat mince in die rient”. – Maar ’n sin soos “Hy was dronk, het gesteel en toe vang die polisie hom en sluit hom op in die tronk” sal in Gaylic uitgespreek word as “Nai man hy was dik geDora en gat Stella, toe vang die Priscilla’s hom en vat hom na die Hollywood”.
Baie mense in die kaap kan Gaylic vlot praat en dis voorwaar ’n ervaring om so ’n gesprek te hoor. Die punt van die saak is egter dat ek en vele ander Kapenaars van die woorde begin aanleer en integreer het in ons gewone Afrikaanse dialek. Dus moet jy mooi luister, as jy weer ’n Kapenaar Afrikaans hoor praat luister bietjie of jy nie kan hoor of hulle nie dalk ook Gaylic tussenin gooi nie. Vestaan Djy!
Terug na die kokery vir die week en ek wil beaam dat niemand kan hierdie Kaapse winter oorleef sonder ’n knertsie Sjerrie, Glüwein of ‘n ordentlike Cabernet nie...so toe dit tyd was dat ek en vriend Abram die resep moes kies vir die week het ons vier oë gelyktydig gestop op Lollie se Chasseur Sous op pg 79 van Knuppeldik aan Koningskos...nie juis oor die bestanddele nie maar meer oor die chasseur effek van die naam wat klink of die persoon wat dit geskryf het se tong effe sch-sch-sleur van wat ook al in hierdie konkoksie is en natuurlik by nadere betragting wil dit nou juis te meer dat daar so sjerrietjie in die reseppie moet kom...wat ons winter depressie maar al te vinnig verdryf het. Prys Prys!
So ons twee maak toe Lollie se sousie wat gebruik word oor vleis geregte, amper soos die Spur se Sampioen sous...net met ’n bietjie meer ff-ff flair aan dit... Die wenner van die aand was natuurlik die Sterpoeding op pg 196 wat so hard ons name geroep het dat ons dit nie kon vermy nie. Nou laat ek eerlik wees...die Sterpoeding was seker een van die heerlikste poedings wat ek nog ooit geëet het! Dis sag, dekadent, romerig, soet, karamelagtig met ’n sweempie van piesang en vanilla en hope sous oor dit. ’n Regte trapsel soos my ma sal sê. Ek dink jy kan selfs van die suiker in die resep verminder omdat dit baie soet is, maar probeer moet jy dit probeer! Absoluut jeeeeeeeerlik gewees (met ‘n lang J)...en eie aan die naam wil ek roep met blye galme en steeds stukke karamel sous om my mond...Tannie Joey Pienaar, jou sterretjie skyn nog helder vir hierdie reseppie! Maar eers moet ek waai en vir De Wyk op die lughawe gaan optel wat na ’n maand weer terug is in die land van krummelpap, boerewors, snoek en Gaylic. Hou vas!
LOLLIE SE CHASSEUR SOUS
BESTANDELE:
1 pakkie sampioen room sop (69g) – pakkies is deesdae 55g...sal seker nie saak maak nie
170 g blik Ideal melk
1 ½ k water
250 g sampioene
3 e sjerrie (ag jy hoef nou regtig nie skaam te wees vir die sjerrie nie)
METODE:
Verhit ‘n bietjie botter en braai sampioene vir 5 min. Voeg al die bestanddele by en kook vir verdere 10min. Hierdie sous is heerlik. Bedien met biefstuk, tjops, worsies of hamburgers....veral oor gebraaide biefstuk – Waarskuwing...los die sop poeier eers op ’n die water en gooi dit dan by die res van die bestanddele om te verhoed dat dit nie klonte maak nie.
STERPOEDING
BESTANDELE:
60 g botter ( ¾ k)
2 eiers
25 mℓ fyn appelkooskonfyt (2 e)
10 mℓ suurlemoensap of asyn (2t)
120 g meelblom (250 mℓ) (1 k)
5 mℓ sout (1 t)
7 mℓ koeksoda (1 t rond)
250 mℓ melk (1 k)
METODE:
Klop botter en eiers. Roer konfyt en sap of asyn by. Sif meelblom en sout saam en voeg by eiermengsel. Meng koeksoda en melk. Roer by deeg. Gooi in gesmeerde poedingbak en bak gaar. (Hier gaan jy jou eie oordeel moet gebruik oor hoe warm en hoe lank jou stoof gaan neem om dit gaar te kry want die boek sê nie hoe wat of waar nie. Werk op ongeveer 180C en 20 min en bly toets met ’n mes punt gereeld of dit gaar is)
Stroop:
500 mℓ room (2k)
200 g suiker (250 mℓ) (1k)
2 eiers, geklits
METODE:
Meng deeglik. Gooi oor gebakte poeding en bak tot sous dik is. (Die sous gaan nie styf wees nie maar net meer dikkerig tog steeds loperig) Dien poeding met karamelsous op.
Karamelsous:
200 g suiker (250 mℓ) (1 k )
12 g botter (15 mℓ) (3t)
l ℓ melk
8 g vla poeier (15 mℓ) (3t)
2 e soetwyn ...don’t be shy met die wyn
METODE:
Verhit suiker en botter tot ligbruin. Haal van die stoof af en gooi klein bietjie van melk by terwyl u deeglik roer. Sit terug op stoof, roer aanhoudend en gooi res van melk by. Hou aan roer tot sous opkook. Roer vlapoeier by. Voeg die wyn by en roer.

Tuesday, August 24, 2010
Waar daar 'n rokie is...is daar 'n stofie! - deur Johan Obbes
Ons weer seisoen hier in die Kaap is besig om my eetplanne die afgelope tyd liederlik te fnuik...eers is dit warm en dan ewe skielik trietsig, so seer dat ek soms voel ek ry deur ’n Karoo dorpie as dit by hierdie seisoen kom. Draai jy uit vir ’n hoender in die pad, mis jy wragtag die hele dorp. Nou ek is nie seker of ons nog in die winter of lente hier in Kaapstad is nie, so ek het maar net vir die wis en die onwis ‘n ou comfort kossie nader gesleep...mens wil mos nou nie ondankbaar lyk nie.

Maar na ’n ruk begin daar toe ’n rokie in die sitkamer inkom en dis toe dat ek soos ’n kat van ’n transformer boks af, agteroor van die bank af foeter, want waar daar ’n rokie is ...is daar ’n vuurtjie! Ek kan nie onthou of my voete grond gevat het en of ek soos Mao’s Last Dancer in die lug geloop het nie, maar toe ek voor ons Pick & Pay stofie staan toe is dit net ertjie sop en rook wat uit die stofie uitkom. Die spulletjie het oorgekook en so loop die sop toe by die elektriese knoppies van die stoof in...en begin te brand! Dus dat daar ’n rokie toe al by die stofie se knoppies uitkom. My eerste indruk is dat ek moet ophou gil en kalmeer (soos jy op die Kulula vlugte voorgesê word in geval van nood) en terwyl ek nog mik-mik na die brandslang buite die kombuis venster kom die saligheid van self oor my en ek besef dat water en elektrisiteit sal mos lankal stryd opgetel het met mekaar en net my reguit hare weer in ’n mince gaan inskok! En die liewe Vader alleen weet dat jy kan net soveel Black-like-Me-straightner op jou kop hanteer voor alles uitval. Dus dink ek toe maar aan my kapsel wat ek nie weer deur die trauma van ’n straightning session kan deur sit nie en ruk toe eerder die elektrisiteit se hoof skakelaar af om die hele spul te red.
So maak ek toe die stofie vir twee dae lank vreeslik skoon en gee ewe ‘n ekstra bietjie Handy Andy maar meestal uit skuld gevoelens uit...en dalk ’n skoot legalism dat as ek harder probeer en die vuil van die stoof afwas sal die wonderwerk gebeur "uit my arbeid" en weer die stoof laat werk ook..sonder enige rook hierdie keer. Wel, of dit nou genade was of legalism maar my stoof werk na vier dae weer pragtig...sonder enige rook en my kapsel is steeds reguit.
Dus na al die trauma, trietsige weer en vals skuld gevoelens kies ek toe ’n maklike Blatjang Hoender reseppie op pg 149 in Knuppeldik aan Koningskos. Uiters maklik en heerlik gewees! Ek het vir Hannes nader gesleep om te help met die foto’s en toe sommer krummelpap met gesmelte kaas in, by dit gemaak. Straight forward en heerlik gewees...amper soos my hare! Probeer dit gerus.
1 groot hoender
1 pak bruin uie sop (69g ) – die pakkie in P&P was egter 55g...so ek twyfel of dit ’n verskil maak
½ k mayonnaise
½ k blatjang
Dalk is dit ook om bietjie my trauma te onderdruk want so het moi amper die kombuis laas week afgebrand. Dit was terselfdertyd ook my amperse poging om die blok woonstelle se brandslang te gebruik...maar heel laas toe nie. Ook maar goed De Wyk is nog in Amerika want dit sou ’n gebiddery afgegee het wat tot Van Hunks terug oor Tafelberg sou verdryf het. (Onthou die Pretorius voorvaders bid en die Obbes voorvaders steel...ja ja mens is maar tevrede met die roots wat die Here jou gee). Ek en De Wyk het nie ’n TV nie en verkies dit ook so, mens kry regtig baie meer uit jou dag sonder die versoeking om te plak voor die TV vanaf 3Talk, 7e Laan verby tot by die News at 10...maar as die LUS my nou die dag beetpak kry ek maklik ’n reeks by die DVD winkel en kyk episode na episode tot die koeie huis toe kom. So sit ek juis weer een aand, laas week op die bank vasgenael op my laptop terwyl ‘n ertjiesop op die stoof prut, toe ek net ’n sagte ge shhhhhh uit die kombuis hoor. Ek maak myself eers wys dat dit is weer die hoof meisie hier bo wat iemand uitskel en so ignoreer ek maar die klank en kyk lustig voort.

Dus na al die trauma, trietsige weer en vals skuld gevoelens kies ek toe ’n maklike Blatjang Hoender reseppie op pg 149 in Knuppeldik aan Koningskos. Uiters maklik en heerlik gewees! Ek het vir Hannes nader gesleep om te help met die foto’s en toe sommer krummelpap met gesmelte kaas in, by dit gemaak. Straight forward en heerlik gewees...amper soos my hare! Probeer dit gerus.
Blatjang Hoender
BESTANDELE:
1 pak bruin uie sop (69g ) – die pakkie in P&P was egter 55g...so ek twyfel of dit ’n verskil maak
½ k mayonnaise
½ k blatjang
½ t sout
Sny hoender in porsies, of gebruik dye of boudjies, pak in vuurvaste oondskottel. Meng mayonnaise soppoeier en blatjang in aparte bak. Giet oor rou hoender, tesame met sout. Plaas deksel op en bak 1 ½ - 2 ure op 180C (vir 1ste uur) en daarna 140C, met die deksel af.
Monday, August 16, 2010
'n Kaas komplot! - deur Johan Obbes
Ek dink ek begin nou verstaan hoekom ek so ‘n sout verslawing in my se gebeente het. As dit nie ’n bredie is wat ’n “masalatjie” moet kry nie, sal dit maar altyd ’n stuk biltong of pak chips wees waaragter jy my oë sal sien blink terwyl ek vreet asof die beskawing se voortbestaan van my sukses afhang. So iets sê vir my dat julle, julle dan nie hoef te kommer oor uitsterf nie...don’t fear when Johan is near.
Dalk is dit ’n komplot of ’n vloek wat my Hollandse voorvaders meegebring het met hulle gestelery. (Onthou julle die see rower ene) Die donner! So aangesien ek kaas in my are het, ’n kaaskop van geboorte is en my vriendin ’n rou Hollander is...was dit mos nou die beste besluit om ‘n “kasery” aan die gang te sit wat enige homp Cheddar soos Paris Hilton by die Douglas landbou skou sou laat voel...UIT sê ek vir jou UIT. Maar so gemaak, begin ons die beplanning rondom kaas, en kyk, ’n beter komplot sou jy nie kry nie, nie eers Zuma, Malema, kamp staaldraad, kaas draad of selfs Joost met sy gaatjies onderbroek kon ons oortref nie. (No pun intended met die onderbroek en kaas kombinasie nie...) Want dit was kaas net waar jy kyk in daai klein kombuisie van my.
Maar wag laat ek eers vir niggie Sytske voorstel. Dis einste Hollandse vriendin van my, wat vir my die groot piesang as geskenk gegee het. (Gaan kyk bietjie die blog posts vir Julie) So met kaas op die brein kies ek toe ’n brunch spyskaart met hope kaas geregte want wie beters om my kaas verslawing met my te vier as my Kaaskop vriendin. (Emsie wat is die Afrikaans tog vir brunch?) Ek email toe die bestanddeel benodighede uit in die hoop dat meisie so paar goedjies bring en jou wragtag hier kom meisie aan met 18 eiers...ja dieselfde kind gee eers vir my ’n piesang en nou kom sy met 18 eiers hier aan. Mis ek dalk iets?
Poppie en ek is al jare lank pelle en praat ’n gooi ’n goeie “Afrikaas” tussen ons wat wissel van “Ag, nee jonge dis ‘n egt verdommenis hierdie...” tot woorde wat ek nie hier kan noem nie, want sien my ma is ’n kerk mens en ek wil haar nie traumatize met Hollandse woorde ...wat sy natuurlik in Afrikaans sal en staan en interpreteer nie. Ai die oumense van vandag.
Meisie het mos twee katte en haar dramatiese staaltjies “in Hollands” oor die twee gediertetjies het my ore laat tuit erger as ’n vuvuzela, in die begin jare. My eerste gedagtes by die aanhoor van die kind se taal, was eers dat die bergies voor in die straat se “papsak taal” (altyd mos oor iemand se ma natuurlik...vistaan djy!) werklik hierdie vriendin van my so getraumatiseer het, dat sy dalk dink ons hier in die Kaap praat van katte en ma’s op dieselfde manier...maar dit was bloot Nederlands en nie “papsak Afrikaaps” nie. So ek ken meisie se hart en dis soveel beter as selfs enige Mature Cheddar. Liefde en goedheid van begin tot einde.
Maar so besluit meisie en ek omtrent om vir die hele Kaap te kook en so kies ons toe die Kaaspoffertjies pg. 54 in Knuppeldik aan Koningskos EN die Pizza omelet pg. 55. (Hoeveel kan twee mense ook nou eet!)
Natuurlik praat ons toe so baie dat ons effe meer kaas in die spulletjie gegooi het as wat die resep gesê het. Maar mens kan mos nooit te veel kaas in ’n resep smyt nie, of selfs veel rooiwyn of chocolate nie. Ek sê steeds...leef, eet en voel oor niks skuldig nie! Ooooooo hou my terug!
Die poffertjies was veronderstel om in ’n kolwyntjie pan te kom, maar daar besef ek toe dat my pan te groot is om in die oond te pas... uhu!
En dalk kan ek afsluit met een van die baie wyse sê goed wat onder aan die Pizza omelet was...”Gebruik die tyd waarin jy jou oor die toekoms kwel...om nou te leef.”
Kaaspoffertjies
BESTANDELE:
1 k gerasperde kaas (cheddar)
½ t sout
1 e gesmelte margarien
¼ t peper
1 k koekmeel
1 eier geklits in 200 mℓ melk
4 t bakpoeier
½ t droë mosterd
METODE:
Verhit oond 230C (450F). Sif droë bestanddele saam. Meng ander bestanddele en gooi by droë bestanddele. Meng tot sagte deeg. Skep in vlak kolwyntjiepan, ⅔ vol met deeg. Bak vir 12 – 15 min. Bedien warm of koud met kaas, konfyt of heuning.
Pizza-omelet
BESTANDELE:
6 eiers
125 mℓ water ( ½ k )
Sout & peper
50 mℓ botter (4e)
5 mℓ gemengde kruie (1 t)
10 mℓ tamatie puree (2 t )
250 mℓ gekapte ham (1 k) – ons het sommer diced bacon gebruik
2 tamaties geskil en in skywe gesny
6 skywe Cheddar kaas (gerasper werk net so goed)
METODE:
Klits die eiers, voeg water by en geur na smaak. Smelt die botter in die ‘n groot pan. Voeg daarna eiers by sodra die botter sis. Trek die gestolde eier weg van die kante van die pan sodat die rou eier kan inloop. Sprinkel die kruie bo-oor sodra die onderkant gestol is, maar die bokant nog klam is. Meng tamatiepuree en ham. Smeer oor die omelet. Rangskik tamatie- en kaasskywe oor die ham en laat smelt onder die element van die oond.

Dus maak ons toe maar die spulletjie in ’n koek pan en besluit om die “kaasbrooderigheid” sommer te hou vir die aand se snoek braai. Ja, ja ek weet my beplanning was deurmekaar maar ten minste het ek die bakpoeier onthou...wel dis wat my ma altyd vra. “Ag, herre Johan sê tog net jy het die bakpoeier onthou!” – Ja, ma ek het die bakpoeier onthou.
Wel, om eerlik te wees was beide resepte absoluut dekadent en die kombinasie van die Kaasbrood (was mos eers poffertjies) saam met ’n vars Snoek op die kole, Knoffel botter en Appelkoos jam...op was perfek...hmmm soos nektar op die tong! Probeer dit gerus. Die Pizza-omelet was net so heerlik en ons het in plaas van gekapte ham, sommer diced bacon gevat, (wat is dit met my en diced bacon!) wat die omelet sowaar ’n arrogansie gegee het om ’n enige bacon & eiers ontbyt se gat te skop. HEERLIK gewees...ek en meisie het soos twee katte op die bank neer geplof na die groot vreet en gesels tot die oë amper toe val. Tannie Joey en Tannie Hester...julle resepte was wenners en julle sterretjies skyn nog helder.
En dalk kan ek afsluit met een van die baie wyse sê goed wat onder aan die Pizza omelet was...”Gebruik die tyd waarin jy jou oor die toekoms kwel...om nou te leef.”
Kaaspoffertjies
BESTANDELE:
1 k gerasperde kaas (cheddar)
½ t sout
1 e gesmelte margarien
¼ t peper
1 k koekmeel
1 eier geklits in 200 mℓ melk
4 t bakpoeier
½ t droë mosterd
METODE:
Verhit oond 230C (450F). Sif droë bestanddele saam. Meng ander bestanddele en gooi by droë bestanddele. Meng tot sagte deeg. Skep in vlak kolwyntjiepan, ⅔ vol met deeg. Bak vir 12 – 15 min. Bedien warm of koud met kaas, konfyt of heuning.
Pizza-omelet
BESTANDELE:
6 eiers
125 mℓ water ( ½ k )
Sout & peper
50 mℓ botter (4e)
5 mℓ gemengde kruie (1 t)
10 mℓ tamatie puree (2 t )
250 mℓ gekapte ham (1 k) – ons het sommer diced bacon gebruik
2 tamaties geskil en in skywe gesny
6 skywe Cheddar kaas (gerasper werk net so goed)
METODE:
Klits die eiers, voeg water by en geur na smaak. Smelt die botter in die ‘n groot pan. Voeg daarna eiers by sodra die botter sis. Trek die gestolde eier weg van die kante van die pan sodat die rou eier kan inloop. Sprinkel die kruie bo-oor sodra die onderkant gestol is, maar die bokant nog klam is. Meng tamatiepuree en ham. Smeer oor die omelet. Rangskik tamatie- en kaasskywe oor die ham en laat smelt onder die element van die oond.
Thursday, August 12, 2010
Vrouedag, chocolate en die liefde - deur Johan Obbes
Ek moet eers plegtig om verskoning vra met my hoed in my hand dat ek hierdie week se POST eers teen Vrydag die lig laat sien het. Nee, dit was nie omdat ek te veel die bodem van ’n bottel gesien het nie...dis bloot a.g.v. “werks verpligtinge” gewees. Vir die wat nie weet nie, ek het ook nog my day job waar ek berading doen in ‘n praktyk, so SOUTtiemie kom in terme van prioriteite eers tweede. Dit beteken glad nie dat ek nie lief is vir hierdie stuitige entiteit wat dit geraak het nie. Allermins nie! Ons bak steeds vlytig voort.
Maar so van liefde gepraat wil ek vandag effe nostalgies op myself trek, wat ek wel in alle opregtheid hoop jou nie sal vang soos ’n stadige hysbak vol mans op ’n proteïenryke dieet nie. Nee, o vader have mercy!
Eerlikwaar vertoef die impak van vroue dag nog sterk in my water en raak ek sommer romanties, nostalgies en jukkerig als in een..siende dat ek sjokolade en liefde op die brein het of sal ek eerder sê om die mond het! De Wyk is in Amerika vir werk, en dus het ek verlof gevat om SOUTtiemie op die pad te vat agter die boerewors gordyn in, na vriendin Wendy toe waar ons, ons grand gehou het soos twee tipiese “Jerry Springer gaste” en ’n sjokolade koek gebak het om ons vriendskap te vier met Tannie Joey se Sjokolade koek resep op pg. 266 in “Knuppeldik aan Koningskos”. Die resep sê dat dit die “1e prys by die Pretoria skou” gewen het...en wie is ek nou om teen die “Pretoria skou” te stry. Al was daar nou nie ’n masalatjie in die resep nie, het ek tog ingegee aan die nostalgie en Tannie Joey op haar woord gevat.
Ek en Wendy is albei groot Antjie Krog bewonderaars en so het ons haar bundel “Kleur kom nie alleen nie” (wat uit 'n brandende vuur gered is...maar dis 'n storie vir 'n ander dag) en ons eie poësie vir die aand bygevoeg by die resep, en natuurlik ’n paar glasies Cabernet (of dalk bottels...wie tel nou in elke geval) wat ons saam geflans het in ons gebakkery.
Julle vra dalk hoekom nou juis sjokolade, siende dat ek nog tot op hede net vleis geregte gekies het wat selfs ’n Neandertal se gal sou laat toy-toy het. Wel, ek is gewoond daaraan dat sjokolade menige vroulike “kwale-buie-moerigheid-bedonnerdgeit” en migraines kan verdryf. Eks nie juis seker of ons mans ook so “muti” het wat ons waters kan laat bruis nie as die spulletjie suur geraak het nie. (Praat maar as julle aan iets kan dink.) Die naaste wat ek egter aan kan dink as ’n kuur vir ’n man se “kwale-buie-moerigheid-bedonnerdgeit” en migraines sal ek nou nie hier noem nie, so die naasbeste opsie wat ek aan kan dink is ...iemand naby aan ons se liefde. Ja, dit geld eintlik vir mans en vrouens.
Maar klim asseblief uit die boks wat die samelewing jou ingeprop het, gooi af jou labels en wees vir ’n paar uur daai kind in jou binneste met die sjokolade om sy mond, daai boepens boer wat ’n simpel pruik wil dra, die kerk meisie wat wil poep in ’n kombuis, die dromer wat homself drapeer in goue lap en gedigte voorlees by kaggelvuur en kerslig vir wie ook al sal luister...sonder dat jy hoef verlief te wees op hulle. Doen dit net omdat liefde ...liefde is...en jy...jy is!
Ons koek bakkery was heerlik, met geen surprises in die resep nie. Tog het ons spulletjie effe droog uitgekom en ons het die vulsel/versiersuiker dubbeld aangemaak omdat daar nie genoeg was nie. Maar ek sal nie kan sê hoekom nie. Ons het wel besluit om een ronde koek en twee panne kolwyntjies te bak en te versier met hundreds & thousands lekkertjies. Net omdat ons kan! So ek los julle vandag met ’n koek (wat die eerste prys gewen het by die Pretoria skou...nee ek weet nie watter jaar of watter skou dit was nie) en met ’n uitdaging om uit jou boks te klim en om vir ’n ruk te vergeet wat mense van jou wil hê of wat mense wil hê jy moet wees. Be true to yourself en wees lief, met geen verwagtinge nie.
...Dy Wykieeeeee...kom huis toeeeeee....die Kaaaaaap is leeg sonder jou! (Sing hom Sonja...sing hom)
Sjokoladekoek
BESTANDELE:
4 eiers
12,5 mℓ melkpoeier (1 e)
440 mℓ suiker (1 ¾ k)
½ sout
500 mℓ meelblom (2 k)
125 mℓ kakao ( ½ k)
5 mℓ vanielje geursel (1 t)
125 mℓ olie ( ½ k)
10 mℓ bakpoeier hoogvol (2t)
250 mℓ kookwater (1k)
METODE:
Klits eiers en vanielje tot skuim. Voeg suiker bietjiesgewys by. Klits baie goed tot mengsel liggeel is. Sif meelblom, sout, kakao, bakpoeier – en melkpoeier twee keer. (Ek weet nie hoekom dit twee keer is nie maar Wendy se dis glo iets wat meisies in Huishoudkunde leer) Meng olie en kookwater saam. Roer meelmengsel bietjies gewys by eiermengsel, terwyl menger baie stadig klits.
Voeg olie en kookwater by laasgenoemde en roer met ’n houtlepel tot goed gemeng. Bak in twee gesmeerde 23cm panne vir 25 – 30 minute by 180 C (350 F)
VULSEL:
250g versiersuiker
50 mℓ botter of margarien (4 e)
5 mℓ vanielje geursel (1 t)
25 mℓ kakao (2 e)
2 e koue water
METODE:
Room die margarien en voeg geleidelik die versiersuiker, kakao en geursel by. Voeg 2 eetl koue water by en klits tot dit baie lig en donsig is.

Ons almal hunker na ’n aanvaarding net soos ons is, veiligheid sonder dat ons om hulp hoef te roep en gebondenheid soos net die Here se arms in ’n storm tyd om ons kan bring. Tog kry ons nie altyd wat ons wil hê nie, maar ’n plaas vervanger kom tog donners naby aan die ware Jakob! Soms kry ons dit in ’n romantiese verhouding, soms in ons sjokolade koeke maar ek moet erken (as enkel lopende...en iemand wat maar skugter is vir verhoudings) kry dit by vriende. Vriendin Wendy is natuurlik voor in die koor van so iemand wat jou aanvaar, veilig laat voel en liefde gee. Liefde wat nie voorskryf nie, liefde wat nie iets vra nie, liefde wat net is. My wens vir almal (aangevuur met die inspirasie van vrouedag en ’n gal wat kerm vir ’n glas ENOS na al ons koek vretery) is dat jy jouself met mense kan omring waar hul liefde nie voorwaardes het nie, waar jy hope sjokolade koek kan kry. Simpel kan wees sonder wyn. Bagasie kan afgooi...en absoluut ’n fok voel vir wat mense van jou dink. (Ja, ek het die woord fok gebruik, hou nou op met gil en trippel, haal asem in ’n bruin papier sak en gaan lees ’n Psalm om beter te voel).
Maar klim asseblief uit die boks wat die samelewing jou ingeprop het, gooi af jou labels en wees vir ’n paar uur daai kind in jou binneste met die sjokolade om sy mond, daai boepens boer wat ’n simpel pruik wil dra, die kerk meisie wat wil poep in ’n kombuis, die dromer wat homself drapeer in goue lap en gedigte voorlees by kaggelvuur en kerslig vir wie ook al sal luister...sonder dat jy hoef verlief te wees op hulle. Doen dit net omdat liefde ...liefde is...en jy...jy is!
Ons koek bakkery was heerlik, met geen surprises in die resep nie. Tog het ons spulletjie effe droog uitgekom en ons het die vulsel/versiersuiker dubbeld aangemaak omdat daar nie genoeg was nie. Maar ek sal nie kan sê hoekom nie. Ons het wel besluit om een ronde koek en twee panne kolwyntjies te bak en te versier met hundreds & thousands lekkertjies. Net omdat ons kan! So ek los julle vandag met ’n koek (wat die eerste prys gewen het by die Pretoria skou...nee ek weet nie watter jaar of watter skou dit was nie) en met ’n uitdaging om uit jou boks te klim en om vir ’n ruk te vergeet wat mense van jou wil hê of wat mense wil hê jy moet wees. Be true to yourself en wees lief, met geen verwagtinge nie.
...Dy Wykieeeeee...kom huis toeeeeee....die Kaaaaaap is leeg sonder jou! (Sing hom Sonja...sing hom)
Sjokoladekoek
BESTANDELE:
4 eiers
12,5 mℓ melkpoeier (1 e)
440 mℓ suiker (1 ¾ k)
½ sout
500 mℓ meelblom (2 k)
125 mℓ kakao ( ½ k)
5 mℓ vanielje geursel (1 t)
125 mℓ olie ( ½ k)
10 mℓ bakpoeier hoogvol (2t)
250 mℓ kookwater (1k)
METODE:
Klits eiers en vanielje tot skuim. Voeg suiker bietjiesgewys by. Klits baie goed tot mengsel liggeel is. Sif meelblom, sout, kakao, bakpoeier – en melkpoeier twee keer. (Ek weet nie hoekom dit twee keer is nie maar Wendy se dis glo iets wat meisies in Huishoudkunde leer) Meng olie en kookwater saam. Roer meelmengsel bietjies gewys by eiermengsel, terwyl menger baie stadig klits.
Voeg olie en kookwater by laasgenoemde en roer met ’n houtlepel tot goed gemeng. Bak in twee gesmeerde 23cm panne vir 25 – 30 minute by 180 C (350 F)
VULSEL:
250g versiersuiker
50 mℓ botter of margarien (4 e)
5 mℓ vanielje geursel (1 t)
25 mℓ kakao (2 e)
2 e koue water
METODE:
Room die margarien en voeg geleidelik die versiersuiker, kakao en geursel by. Voeg 2 eetl koue water by en klits tot dit baie lig en donsig is.
Monday, August 2, 2010
Springbok Lasagne, RSG en Cheap Checkers Make-up! - deur Johan Obbes

Vrydag aand en al die vriende (Hannes, Robert, Abrie, Fred, Chantel en Jean met ’n goeie wyntjie in die hand) kom mos toe weer saam soos ’n tipiese “Sê wie” inbel program op RSG. As jy nou regtig wil lag moet jy "Se wie" ervaar. Eers het jy vir Bettie van Baberspan wat inbel en kla oor die smaaklose, skilferkors wat haar melk tert gemaak het nadat sy gepasteuriseerde “regerings melk” gebruik het. Of ene Ansie van Bloemfontein wat eerlik waar nie kan verstaan hoekom daar ewe skielik so baie karre in Bloemfontein is nie tydens die afgelope Junie maand...ongelukkig het niemand vir meisie vertel dat daar ’n wêreld beker sokker in Suid-Afrika aan was... en ’n wedstryd ook daai aand in Bloem gespeel sou word het nie. Mense ek speel nie...dis regtig. (PS. Hannes is ook ’n fotograaf so sien bietjie sy website op die link hierbo)
Wat die gaste nie wis nie, was dat ek iets meer tradisioneel wou kook en dus was my eerste keuse vir ’n gereg, die Kerrie Afval in “Knuppeldik aan Koningskos”. So fnuik ’n aarige verskynsel van tipiese toordokter proporsies ons mos toe heel onverwags hier in Palm Court 5.Alles begin waar ek blymoedig aankondig “Ek dink ons kook die Kerrie Afval” maar nie veel aandag gee aan De Wyk wat moerig en swetsend in die kombuis in verdwyn, kaste saggies oop en toe maak en minute later verklaar. “Ons het nie meer Masala nie, so ons kan nie die bleddie skaapkop kook nie”. Hmmm en ek kon natuurlik sweer dat ek nog ’n vol bottel Masala gehad het, wat spesiaal vir my gemeng is deur my vriendin Fatimah van die Kaapse Vlaktes en nou is dit misterieus net weg. Uhu...Maar wag ...hou vas...ek moet eers verduidelik of eerder bely dat ek oor 'n goeie Masala is, soos ’n Ventersdorp-mode-parade oor ’n verdomde “Veld-fokus-khaki-hemp” is, en die liewe Vader alleen weet dat ek absoluut enige kerrie sonder goeie Masala sal afkeur, soos ’n Drag Queen cheap-Checkers-make-up sal reject.
So besluit ons toe maar na die "Masala abduction" dat ons eerder ’n “Lasagne en Kaassous” gaan maak op pg. 114 –Wat natuurlik absoluut ’n wonderwerk op sigself hier in Palm Court Nr. 5 mee gebring het... (Prys Prys!) want die oomblik toe ons die woord uitstuur dat dit nou maar ’n Lasagne is i.p.v. Kerrie Afval, verskyn my blik Masala ewe skielik weer uit die bloute uit, soos die mirage van ’n halwe papsak witwyn, na ’n maand se intensiewe goewerment, rehab vir die bergies wat ek gewoonlik Dinsdae oggende by ons vullis drome raakloop. Ek moet darem net vir die kerkmense en biduur susters byvoeg, dat ek glo in die Bybel se “give honour where honour is due” en dit is dat hulle (my bergie vrinne) is uiters begaafd en het my mooi geleer hoe om orige mense om ses uur in die oggend se ma’s "op te som" as hulle jou papsak try afvat.
Tog die woord is toe uit dat ons Lasagne maak en die gastelys groei vlytig voort tot ons agt mense in totaal is. My co-dependent streep skop toe in en ek begin te dink en droom aan kosmaak asof ek ’n koshuis matrone is. Naarstiglik soek ek en De Wyk toe ’n bak wat groot genoeg is om die Lasagne in te maak, maar al die bakkie wat ons leen by vriende pas nie in ons oond nie, dus besluit ons toe maar om twee disse te maak in twee kleiner bakke...en natuurlik 'n soetigheidjie by dit. So mense ek share met julle vandag ’n Herderspastei, Lasagne en Malva poeding.
Ek het groot geword in die Noord-Kaap waar ons as kinders kon jag voor ons bestuur het. So is ek gewoond aan wilds vleis as ’n absolute delikatessen, uiters gesond, laer in vet as bees en skaap en so smaaklik dat jy net wil aanhou eet. (Nou nie dat ek ’n eating disorder het nie) So bring my jare lange vriendin Chantel, toe vir ons afgekookte springbok vleis wat ons toe in die Lasagne gebruik, in plaas van beesvleis. Absoluut FANTASTIES gewees! Chantel meisie dit was nou regtig ’n 10 op die sterre meter.
Met 3 resepte is vandag se post nogals lank maar ek dog ek gee gou kommentaar op al drie. Die Herderspastei was vinnig en maklik om te maak en behoort heel gepas te wees, as jy kos vinnig moet opdis. Dit was effe sout en het sterk herinner aan bully beef. Dit kan ook natuurlik wees dat my hand te swaar was op die sout of dat ons baie diced bacon ingegooi het.
Die lasagne aan die ander kant, was ’n WENNER gewees (O nee ek hoor Danie Botha se stem in my kop)en ek sal selfs nog meer Kaasssous voorstel vir 'n volgende keer. Die malva poeding was drup-soet heerlik maar het nogals lank nodig gehad om te bak. As dit by vleis kom is ek maklik bereid om die gaarmaak tyd, korter te maak as wat die resep vra... maar om ’n koekerie ding te laat werk moet jy maar lank vat en bly by die resep se tyd...
Herderspastei pg 86
BESTANDELE:
500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis (nie seker of P&P dit verkoop nie...so toe vat ons sommer diced bacon)
500 mℓ sagte broodkrummels (2k) – versigtig dat jy nie te veel vat nie...die spulletjie kan droog uitkom
250 mℓ melk (1k)
1 eier
1 medium ui, gekap
1 knoffel huisie, gekap (ons het sommer twee teelepels crushed garlic in gegooi)
10 mℓ sout (2t)
Knippie peper & Aromat – Ek moet erken dat my hand te swaar was op al die sout & Aromat
25 mℓ Worcester sous (2e)
50 mℓ Blatjang (4e)
4 medium aartappels
METODE:
(Baie maklik en vinnig gewees. Jy gooi basies alles bymekaar en Bob’s your uncle.) Meng al die bestanddele bymekaar, uitgesonderd die blatjang en aartappels. Druk liggies in gesmeerde oondskottel. Bak 1 ½ uur lank in ’n koel oond (160 C – 300 F). Hmmm ons was gejaag vir tyd en het dit sommer 30min ’n warm oond gebak wat ook gewerk het. Kook die aartappels gaar, maak fyn en voeg sout by, stukkie botter of margarien en bietjie melk by soos vir kapokaartappels.
Smeer blatjang oor (dis nou as die spulletjie klaar gebak het), skep kapokaartappels bo-op die vleis en maak met ’n vurk ’n growwe oppervlak. Bak in ’n warm oond totdat die aartappel puntjies ligbruin is.
Lasagne & Kaassous pg 144
BESTANDELE:
1 groot fyngekapte ui
1 soetrissie
’n knippie oreganum
½ koppie rooiwyn (ja soms moet jy dit wragtag in die kos ook gooi)
¼ pd groen of wit lintnoedels (125g) – het nie die “pd” verstaan nie en maar sommer net ’n hele pak gekry
1 kg gemaalde beesvleis (Ons het die beesvleis vervang met afgekookte Springbok vleis)
2 k kaassous
1 reep spekvleis gekap (diced bacon werk net so goed)
2 tamaties vel verwyder en gekap
1 knoffel huisie gekap (crushed garlic werk net so goed)
3 e kookolie
Sout en peper na smaak
1 e tamatie pasta
METODE:
Braai ui, soetrissie en knoffel in olie tot deurskynend. (Verstaan nie lekker wat die deurskynend bedoel nie maar het dit maar soteer soos wat ons gedink het dit moet wees). Voeg vleis en spek by en braai tot bruin en krummelrig. (Krummelrig ?) Voeg sout, oreganum, tamatiepasta en tamaties by. Laat stadig prut tot tamaties sag is. Voeg wyn by en kook 10 min stadig. Kook intussen noedels in vinnig kokende soutwater tot sag, waarby 1 e kookolie gevoeg is. (Jy kry deesdae lasagne noedels wat jy nie voor die tyd hoef te kook nie...kyk net na die pakkie)
Kaassous
BESTANDELE:
2 e botter
2 e meelblom
2 k melk
1 t droë mosterd (ons het sommer ’n potjie vars korreltjie mosterd gebruik wat heerlik was)
Sout en peper
1 k gerasperde Cheddarkaas
1 t Aromat
METODE: (maak die kaas sous in die mikrogolf oond...soveel vinniger en makliker)
Smelt botter en roer meel by. Voeg melk stadig by en roer aanhoudende tot sous dik en gaar is. Geur met sout, peper en mosterd. Voeg gerasperde kaas by.
Smeer die oondskottel liggies en sprei ’n laag noedels oor die boom. Bedek met ’n laag vleismengsel. Volg op met ’n laag kaassous. Herhaal die lae. Eindig met ’n laag kaassous. Strooi Aromat en gerasperde kaas oor en bak vir 20 – 30 min in ’n matige oond. (180C )
Malva Poeding pg 209
BESTANDELE:
250 mℓ meelblom (1k)
5 mℓ koeksoda (1t)
5 mℓ appelkoos konfyt (1t)
15 mℓ margarien (3t)
250 mℓ melk (1k)
1 eier
250 mℓ suiker (1k)
5 mℓ suurlemoensap (1 t)
METODE:
Room botter en suiker. (Ek neem aan dit beteken smelt die spul saam) Voeg eier by. Voeg dan suurlemoensap, koeksoda en appelkooskonfyt by. Roer meel en melk om die beurt by. Bak teen 180 C vir 1 uur in glasbak.
Stroop:
250 mℓ room (1k)
125 mℓ margarien
250 mℓ suiker (1k)
125 mℓ kookwater (1/2 k)
METODE:
Kook alles saam vir 2 minute en gooi oor poeding sodra dit uit die oond kom. Bak tot karamelagtig...en eet asof more die einde van die wereld is. Mwah!
Subscribe to:
Posts (Atom)