Wel dis nou so ver dat ek jeuk om mense te iriteer met spel foute en die verdomde blog wat almal so vermy...maar waar anders gaan ons nou kan uitbrei op so 'n heerlike avontuur waar ons deur die KNUPPELDIK AAN KONINGSKOS kook. Heehaa!
Anyway wil nie te vertraag klink op my eerste blog poging nie...terug na Antie Mollie De Witt se resep...dis geskryf vir "Genoeg vir 4" ...maar ek en De Wyk het dit gepolish in een ete. ;-)
4 skaapkotelette (dis nou die tjops)
1 ml knoffelsout (ons het sommer vars P&P knoffel ingegooi)
1 blik geroomde sampioene (285g) - gewone blik - nie net die romerige tipe - sal ook werk
250 ml gekapte groen rissie (1k)
250 ml gepkapte ui (1k)
2 middelslag tamaties (skywe gesny)
10 ml paprika (2t) - ons het sommer heelwat in geneuk - het bietjie bland gelyk na al daai wyn
2 ml droe roosmaryn (vars roosmaryn sal net so goed werk...gebruik maar net commin sense)
5 ml sout (1t)
1 ml peper (draai maar net ding wat so girts girts maak 'n paar keer...behoort te werk)
60 ml rooi wyn (kwart koppie) - OK nou hier is die belangrikste deel van die resep... Die spulletjie sou 'n volslae mislukking wees as jy nie ten minste 2 bottels Cabernet het nie...jy kan kies of jy steeds die 60ml in die kos wil gooi.
125 ml biefaftreksel (bief stock...aftreksel klink of iemand naar was)
METODE:
Vee vleis met 'n klam lap af en sprinkel dit met knoffelsout. (Nee moet my nie vra hoekom jy die vleis moet afvee nie...die boek se so)
Plaas in 'n vuurvaste oondskottel en plaas sampioene, groenrissie, gekapte uie en tamatieskywe bo-op. (Moenie skrik vir die "vuurvaste oondskottel" deel nie. Ek belowe niks slaan aan die brand nie ...maar dalk is dit beter om n brandblusser te leen vir die wis en onwis)
Meng res van die bestanddele goed saam en gooi bo-op. (Ja dit is nogals 'n waterige besigheid gewees maar druk maar voort)
Bedek en bak in voorverhitte oond van 160 grade C vir ongeveer 40 minute (afhangende van hoe gaar jy die vleis wil verkies) - gebruik maar jou commin sense hierso...ons oond is effe treurig en ons het dit sommer 'n uur gebak.
Verwyder deksel in elke geval na eerste 25 minute. Dien warm op saam met rys en ertjies.
ONS MENING! - Heerlike kos, regte boerekos...effe "bland" en vaal maar steeds fantasties. Tannie Mollie jou sterretjie skyn nog helder!
No comments:
Post a Comment