Dalk is dit ook om bietjie my trauma te onderdruk want so het moi amper die kombuis laas week afgebrand. Dit was terselfdertyd ook my amperse poging om die blok woonstelle se brandslang te gebruik...maar heel laas toe nie. Ook maar goed De Wyk is nog in Amerika want dit sou ’n gebiddery afgegee het wat tot Van Hunks terug oor Tafelberg sou verdryf het. (Onthou die Pretorius voorvaders bid en die Obbes voorvaders steel...ja ja mens is maar tevrede met die roots wat die Here jou gee). Ek en De Wyk het nie ’n TV nie en verkies dit ook so, mens kry regtig baie meer uit jou dag sonder die versoeking om te plak voor die TV vanaf 3Talk, 7e Laan verby tot by die News at 10...maar as die LUS my nou die dag beetpak kry ek maklik ’n reeks by die DVD winkel en kyk episode na episode tot die koeie huis toe kom. So sit ek juis weer een aand, laas week op die bank vasgenael op my laptop terwyl ‘n ertjiesop op die stoof prut, toe ek net ’n sagte ge shhhhhh uit die kombuis hoor. Ek maak myself eers wys dat dit is weer die hoof meisie hier bo wat iemand uitskel en so ignoreer ek maar die klank en kyk lustig voort.
Maar na ’n ruk begin daar toe ’n rokie in die sitkamer inkom en dis toe dat ek soos ’n kat van ’n transformer boks af, agteroor van die bank af foeter, want waar daar ’n rokie is ...is daar ’n vuurtjie! Ek kan nie onthou of my voete grond gevat het en of ek soos Mao’s Last Dancer in die lug geloop het nie, maar toe ek voor ons Pick & Pay stofie staan toe is dit net ertjie sop en rook wat uit die stofie uitkom. Die spulletjie het oorgekook en so loop die sop toe by die elektriese knoppies van die stoof in...en begin te brand! Dus dat daar ’n rokie toe al by die stofie se knoppies uitkom. My eerste indruk is dat ek moet ophou gil en kalmeer (soos jy op die Kulula vlugte voorgesĂȘ word in geval van nood) en terwyl ek nog mik-mik na die brandslang buite die kombuis venster kom die saligheid van self oor my en ek besef dat water en elektrisiteit sal mos lankal stryd opgetel het met mekaar en net my reguit hare weer in ’n mince gaan inskok! En die liewe Vader alleen weet dat jy kan net soveel Black-like-Me-straightner op jou kop hanteer voor alles uitval. Dus dink ek toe maar aan my kapsel wat ek nie weer deur die trauma van ’n straightning session kan deur sit nie en ruk toe eerder die elektrisiteit se hoof skakelaar af om die hele spul te red.
Dus na al die trauma, trietsige weer en vals skuld gevoelens kies ek toe ’n maklike Blatjang Hoender reseppie op pg 149 in Knuppeldik aan Koningskos. Uiters maklik en heerlik gewees! Ek het vir Hannes nader gesleep om te help met die foto’s en toe sommer krummelpap met gesmelte kaas in, by dit gemaak. Straight forward en heerlik gewees...amper soos my hare! Probeer dit gerus.
Blatjang Hoender
BESTANDELE:
1 pak bruin uie sop (69g ) – die pakkie in P&P was egter 55g...so ek twyfel of dit ’n verskil maak
½ k mayonnaise
½ k blatjang
½ t sout
Sny hoender in porsies, of gebruik dye of boudjies, pak in vuurvaste oondskottel. Meng mayonnaise soppoeier en blatjang in aparte bak. Giet oor rou hoender, tesame met sout. Plaas deksel op en bak 1 ½ - 2 ure op 180C (vir 1ste uur) en daarna 140C, met die deksel af.
Johan, only you can get me to read a full length afrikaans article. So glad you've joined the struggle against mincing hair...welcome!
ReplyDeleteBlog is fantastic, keep it coming x x x